|
Article on other languages:
|
Nazi-Duitsland of die Derde Ryk (Duits: Drittes Reich) verwys gewoonlik na Duitsland in die jare tussen 1933 en 1945, toe dit onder die beheer was van Adolf Hitler se diktatorskap en die ideologie van Nasionaalsosialisme ('n weergawe van fascisme). Die term Nazi is 'n kort vorm van die Duitse Nationalsozialismus; die ideologie was ingestel in die NSDAP (Nationalsozialistische Deutsche Arbeiterpartei) , die Nasionaal Sosialistiese Duitse Werkersparty, of Nazi-Party in kort. Die Derde Ryk is 'n verafrikaansing van die Duitse uitdrukking "Das Dritte Reich", en word gebruik as 'n sinoniem vir Nazi-Duitsland. Die term is in gebruik geneem deur Nazi-propaganda, wat die Heilige Romeinse Ryk as die eerste Reich beskou het, 1871 Duitse Keiserdom as die tweede, en hulle eie bewind as die derde. Dit is gedoen met die doel om 'n terugkeer te suggereer na die voormalige Duitse glorie na die mislukking van die 1919 Weimar Republiek. Die Derde Ryk is soms ook genoem die "Duisend Jaar Ryk", soos beplan deur sy stigter, Adolf Hitler, om te bestaan vir 'n duisend jaar.
NasionaalsosialismeDie totalitêre ideologie van die nasionaalsosialisme word as 'n variant van die Italiaanse fascisme beskou, en die twee ideologieë word dus deur 'n aantal gemeenskaplike hooftrekke gekenmerk, soos byvoorbeeld
In Italië was die oorspronklike fascistiese beweging onder die sogenaamde duce ("leier") Benito Mussolini in die tydperk tussen 1922 en 1943 aan die bewind. Sedert die begin van die Tweede Wêreldoorlog was Italië saam met die Japanse Keiserryk die belangrikste politieke en militêre bondgenoot van Nazi-Duitsland; na die drie lande word ook as die "Asmoondhede" verwys. Die Duitse nasionaalsosialisme het egter ook sy eie voorgeskiedenis, wat onder meer deur die germanomaniese antisemitisme gekenmerk was en die oorspronklike fascistiese ideologie met rassistiese elemente aangevul het, wat ook die agressiewe uitwissing van etniese groepe behels het. Die Duitse Nazi-regime was afgestem op Adolf Hitler as die sentrale leiersfiguur. Aanvanklik het die NS-propaganda na sy bewind ook as die "Derde Ryk" verwys - 'n histories onjuiste term wat nogtans in die Duitse en Engelse taalgebied ingeburger geraak het en sinoniem vir die Nazi-diktatuur gebruik word. Vanweë die Tweede Wêreldoorlog, wat deur Hitler begin is, en die Joodse volksmoord of Sjoa, wat op die ongekende, stelselmatige en selfs industriële moord op ses miljoen Europese Jode neergekom het, word die Nazi-regime met een van die donkerste tydperke van die wêreldgeskiedenis vereenselwig. Die slagoffers van sy massaslagtings het naas Joodse burgers ook ander groepe ingesluit, wat volgens die Nazi-propaganda as "ongewens" of "minderwaardig" beskou is soos gestremdes, Roma, Sinti, Jehova se Getuies, homoseksuele, Slawe (veral Pole en Russe) en verskillende opposisiegroepe. OorsakeDie moderne navorsing oor die oorsake van die Nasionaalsosialisme in Duitsland en fascistiese bewegings in ander lande probeer nog steeds die verhouding van die twee belangrikste invloedsfaktore - die nasionale geskiedenis en die breër epogale konteks - te bepaal.[2] Die Duitse geskiedkundige Ernst Nolte het met sy werk oor die fascisme in sy tydperk (Der Faschismus in seiner Epoche, 1963) die Eerste Wêreldoorlog en die uitdagings van die Bolsjewistiese Rewolusie as historiese mylpale beskryf wat by die analise van die ontstaan van Fascistiese bewegings in Europa in gedagte gehou moet word.[3] Alhoewel daar reeds voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog veral in Duitsland sterk anti-Westerse en anti-demokratiese strominge was wat ook militaristiese en anti-Semitiese groeperings ingesluit het, het die pseudo-rewolusionêre fascisme veral ná die traumatiese ervarings van die oorlog gestalte aangeneem. Die Nasionaalsosialistise beweging in Duitsland het voordeel getrek uit die diepgrypende strukturele krisis wat die land ná die Eerste Wêreldoorlog op politieke, ekonomiese, kulturele en sosiale gebied gekenmerk het.[4] Die ongewone politieke invloed en uiteindelike oorwinning, wat Duitsland se fasciste uiteindelik oor die demokratiese stelsel van die Republiek van Weimar behaal het, moet aan die spesifieke politieke en maatskaplike omstandighede in die destydse Duitse Ryk toegeskryf word. Moderne bewegings soos liberalisme, parlementarisering en demokratisering het in Duitsland eers baie laat 'n beduidende rol begin speel, maar het tydelik saamgeval met die onverwagte militêre neerlaag en die ineenstorting van die outoritêre en militaristies-monargiese strukture van die ou Keiserryk, asook die ontberings van die na-oorlogse tydperk. 'n Tweede probleem was die feit dat die ou elites nie van hulle posisies in die administrasie, weermag, nywerheid en landbou verwyder is nie en met hulle anti-demokratiese gesindheid die jong demokratiese staat sedert 1919 stelselmatig ondermyn het.[5] Prominente persone in Nazi-DuitslandStaatsleiers en beamptes van die Nazi-Party
Militêre leiers
Ander
Notas en verwysings
|
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.