Poll without page-refresh
Article on other languages:
Michigan (Engels: State of Michigan ) is 'n deelstaat van die Verenigde State van Amerika . Dit bestaan uit twee skiereilande: Opper-Skiereiland (Engels: Upper Peninsula of UP) en Neder-Skiereiland (Engels: Lower Peninsula). Opper-Skiereiland word in die noorde deur Superiormeer , in die suide deur Michiganmeer , en in die weste deur Wisconsin begrens. Neder-Skiereiland word in die ooste deur Huronmeer , Kanada (Ontario ), Saint Clairmeer en Eriemeer , in die suide deur Ohio en Indiana , en in die weste deur Michiganmeer begrens. Die Straat van Mackinac lê tussen Opper-Skiereiland en Neder-Skiereiland . Lansing is die hoofstad en die grootste stad is Detroit . Michigan het 'n bevolking van omtrent 9,9 miljoen mense en 'n oppervlakte van 253,793 vierkante kilometers. Dit is die 26ste deelstaat, wat tot die Unie toegelaat was.
Michigan se byname is The Great Lakes State , The Wolverine (veelvraat) State , The Automotive State , en Water-Winter Wonderland . Die naam Michigan kom van die Ojibwe woord mishigami , wat 'groot water' of 'groot meer' beteken.
'n Chippewa gesin, circa 1821