|
Article on other languages:
|
Klas is deel van die wetenskaplike klassifikasiesisteem, sedert die vroegste werk deur Carolus Linnaeus, om alle biologiese wesens te kan klassifiseer volgens gemeenskaplike kenmerke. Klas is 'n rangorde tussen Phylum en Orde. Daar is 'n gebruik om ook subklasse te skep, veral in die dierkunde, wanneer dit soms nodig is om 'n ekstra takson in te plaas (met ander woorde, die klas het soveel onderskeidende kenmerke dat daar te veel ordes sal wees, as daar nie 'n paar subklasse geskep word nie).
'n Voorbeeld van klasse in 'n phylumDaar is sewe klasse van die gewerweldes ('n subphylum van die Chordata). Die klasse word van mekaar onderskei grootliks op die basis van die dier se skelet, die algemene aanpassing by die dier se omgewing, en verskille tussen die klasse se voortplantingsisteem:
Agtervoegsel van klasnameIn die geval van die phylums plante, alge en swamme, het die klasnaam 'n tipiese agtervoegsel wat aandui dat dit 'n klasnaam van daardie phylum is:
Sien ook
Eksterne skakelsBron'n Klein gedeelte van die Engelse artikel Scientific classification is gebruik. (Die Engelse soekfrase class (biology) stuur aan na daardie artikel). Gedeeltes van die Duitse artikel Klasse (Biologie) is ook gebruik. Die res is die oorspronklike bydraer se eie werk. |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.