|
Article on other languages:
|
Die Italiaanse Republiek of Italië is 'n land in die suide van Europa, wat bestaan uit 'n stewel-vormige skiereiland sowel as twee ander groot eilande in die Middellandse See: Sisilië en Sardinië. Aan die noordekant word dit begrens deur die Alpe, en grens aan Frankryk, Switserland, Oostenryk en Slowenië. Die onafhanklike lande van San Marino en die Vatikaanstad is klein ingeslote Italiaanse gebiede.
GeskiedenisHoofartikel: Geskiedenis van Italië Italië het 'n groot invloed gehad in die kulturele en sosiale ontwikkelinge van die hele gebied rondom die Middellandse See, en het ook die Europese kultuur sterk beïnvloed. Belangrike kulture en beskawings het daar bestaan sedert pre-historiese tye. Na Magna Graecia, die Etruskiese beskawing en veral die Romeinse Ryk wat die area van die wêreld vir eeue oorheers het, was Italië die middelpunt van Europese wetenskap en kuns gedurende die Middeleeue en die Renaissance. Moderne Italië het eers onlangs 'n staat geword - op 17 Maart 1861, toe die meeste van die state van die skiereiland verenig is onder Koning Viktor Emanuel II van die Savoy-dinastie, wat regeer het oor Sardinië en Piëmont. Die argitekte van die Italiaanse unifikasie was Camillo Benso di Cavour, die hoof minister van Victor Emmanuel, en Giuseppe Garibaldi, 'n generaal en nasionale held. Rome self het vir 'n dekade daarna nog onder die regering van die Pous gebly, en het eers deel van die Koninkryk van Italië geword op 20 September 1870. Die Vatikaan is nou 'n onafhanklike staat binne-in en omring deur Rome. AreasItalië word verdeel in 20 areas (regioni, enkelvoud regione), waarvan vyf 'n spesiale outonome status geniet, aangedui deur 'n *:
'n Area word weer verder verdeel in provinsies. StedeDie hoofdstad van Italië is Rome. Binne-in die stad bevind die onafhanklike Vatikaanstad homself waarvan die pous die hoof is. 'n Tweede onafhanklike enclave binne de Italiaanse grense is San Marino, naby die vakansiedorp Rimini aan die ooskus. Ander belangrike stede is Milaan, Turyn, Genoa, Venesië, Florence, Bologna, Verona, Napels, Ancona, Bari, Messina en Palermo (die hoofstad van Sisilië). Vakansiedae
Albanië | Andorra | Armenië2 | Azerbeidjan1 | België | Bosnië-Herzegowina | Bulgarye | Kroasië | Ciprus2 | Denemarke | Estland | Finland | Frankryk | Duitsland | Georgië1 | Griekeland | Hongarye | Ysland3 | Ierland | Italië | Letland | Liechtenstein | Litaue | Luxemburg | Macedonië | Malta | Moldawië | Monaco | Montenegro | Nederland | Noorweë | Oostenryk | Pole | Portugal | Roemenië | Rusland1 | San Marino | Serwië | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Switserland | Tsjeggië | Turkye1 | Oekraïne | Verenigde Koninkryk | Vatikaanstad | Wit-Rusland Afhanklikhede: Akrotiri and Dhekelia2 | Faroëreilande | Gibraltar | Guernsey | Jan Mayen | Jersey | Eiland Man | Svalbard 1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië , maar gereeld beskou as deel van Europa agv kulturele en historiese oorwegings. 3. Land deels in Noord-Amerika
Europese Unie (EU)
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.