Hobo

Article on other languages:

'n Hobo sonder sy riet

Die hobo is 'n houtblaasinstrument wat met 'n dubbelriet bespeel word. Die hobo bestaan uit drie dele wat saam 'n koniese buis vorm en word gewoonlik van grenadella- of rooshout gemaak. Die riet word in die boonste deel geprop, terwyl die onderste deel 'n uitklokkende beker vorm. Die omvang van die hobo strek vanaf die b-mol onder middel c oor ongeveer drie oktawe.

Ander bekende instrumente wat deel vorm van die hobofamilie sluit in die fagot, die cor anglais (ook bekend as die Engelse horing), die kontrafagot en die oboe d'amore.

Die moderne simfonie-orkes beskik gewoonlik oor drie hobo's en een cor anglais, alhoewel die getal natuurlik taamlik kan wissel afhangend van die behoeftes van die komponis.

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.