God

Article on other languages:

Die woord god verwys gewoonlik na 'n enkele uiterste persoonlike en/of bonatuurlik wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n klein "g" gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat verwys na 'n bonatuurlike wese van een of ander godsdiens, bv. die Griekse of Romeinse gode.

Die woord kom uit die Germaanse talegroep en is in die Westerse kultuur ekwivalent aan die Latyns-gebaseerde "Deus".

God in die monoteïstiese gelowe

Moderne monoteïstiese konsepte kom van die Abrahamse tradisie.

  • Jahweh of Jehovah. Die naam van God soos geopenbaar in die Bybel (Ou- en Nuwe Testament). Gebaseer op die Hebreeuse woord JHWH(יהוה).
  • Die Drie-eenheid (die Vader, die Seun (Jesus Christus), en die Heilige Gees) — hierdie leerstelling word geglo deur die meeste Christene. Die konsep van die Drie-eenheid is geformuleer tydens die Eerste Kerkvergadering by Nicaea in 325A.D.
  • Allah—Islam/Arabies. Die nege-en-negentig name van Allah

Die bestaan van God

Argumente vir sowel as teen die bestaan van God is sedert die klassieke tye al bespreek.

Die eienskappe van God

Teologie is die studie van die Eienskappe van God. Daar is verskillende geloofstrukture om "God" op 'n sistematiese manier te verduidelik.

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.