Azerbeidjan, amptelik die Republiek van Azerbeidjan is die grootste land met die meeste inwoners in die Suide van die Kaukasiese streek in Eurasië. Azerbeidjan word begrens deur die Kaspiese See in die ooste, Rusland in die noorde, Georgië in die noordweste, Armenië in die weste en Iran in die suide. Die land het in 1991 onafhanklikheid verkry met die ontbinding van die Sowjet-Unie.
Azerbeidjan is in 'n dispuut betrokke met Armenië, wat Nagorno-Karabakh en sewe ander distrikte sedert die Nagorno-Karabakh oorlog beëindig is in 1994, beheer. Die Verenigde Nasies het reeds in vier resolusies Armenië se troepe gevra om die gebiede te verlaat, maar sonder sukses.
Azerbeidjan se bevolking van 8,6 miljoen mense is oorwegend etniese Azerbeidjanis (87% van die bevolking) en beskik oor 'n meerderheid Shiite Moslems (ongeveer 88% van die bevolking).
Die huidige President van Azerbeidjan is Ilham Aliyev.
1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië , maar gereeld beskou as deel van Europa agv kulturele en historiese oorwegings. 3. Land deels in Noord-Amerika