|
Article on other languages:
|
Aluminium is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Al en atoomgetal van 13. Aluminium is 'n silwerige, pletbare metaal uit die boorgroep, wat primêr uit bauxiet erts ontgin word en beskik oor merkwaardige weerstand teen oksidasie (vanweë die passiveringsverskynsel), sterkte en ligte gewig. Aluminium word in baie nywerhede aangewend om 'n groot verskeidenheid produkte te vervaardig wat belangrik is vir die wêreldekonomie. Strukturele onderdele wat uit aluminium vervaardig is, is van onmisbare belang in die lugvaartnywerheid en ook baie belangrik op ander gebiede soos vervoer en die bounywerheid, waar die ligte gewig, duursaamheid en sterkte benodig word.
Kenmerkende eienskappeAluminium is 'n sagte, liggewig metaal met 'n dowwe silwergrys voorkoms, vanweë die dun lagie oksied wat vinnig daarop vorm wanneer dit aan lug blootgestel word en die metaal teen verdere korrosie beskerm. Aluminium se digtheid is ongeveer 'n derde van staal of koper; is pletbaar en smeebaar en kan maklik gemasjineer en gegiet word; het uitstekende korrosiebestandheid en duursaamheid. Dit is ok nie-magneties en vonkwerend en is die tweede mees pletbare metaal (na goud) en die sesde mees smeebare metaal. AanwendingsDie gebruik van aluminium, hetsy dit aan waarde of volume gemeet word, oorskry die gebruik van enige ander metaal buiten yster en is 'n belangrike metaal in bykans elke segment van die wêreldekonomie. Suiwer aluminium het 'n lae trekspanning, maar vorm geredelik legerings met baie ander elemente soos koper, sink, magnesium, mangaan en silikon. Wanneer dit gekombineer word met termo-meganiese verwerking toon hierdie aluminiumlegerings merkbare verbeterings in meganiese eienskappe. Aluminiumlegerings maak noodsaaklike komponente van vliegtuie en vuurpyle uit vanweë hulle hoë sterkte tot gewigsverhouding. Wanneer aluminium in 'n vakuum verdamp word, vorm dit 'n bedekking wat beide sigbare lig en stralingswarmte weerkaats. Hierdie bedekkings vorm 'n dun lagie beskermende aluminiumoksied wat nie verweer met tyd soos wat silwerbedekkings doen nie. Byna alle moderne spieëls word gemaak met 'n dun weerkaatsende laag aluminium op die rugkant van 'n glasblad. Teleskoopspieëls word ook bedek met 'n dun laag aluminium maar word aan die bokant van die glas bedek om interne weerkaatsing te vermy al maak dit die oppervlak meer vatbaar vir beskadiging. Van die vele gebruike van aluminium is in:
Aluminiumoksied, alumina, word natuurlik aangetref as korund, amaril, robyn en saffier en word gebruik vir die maak van glas. Sintetiese robyn en saffier word gebruik in lasers vir die skep van koherente lig. Aluminium oksideer met 'n heftige reaksie en word daarom ingespan as vaste vuurpylbrandstof en termiet (chemie). GeskiedenisDie oudste (dog onbevestigde) verwysing na aluminium kom voor in Plinius die Ouere se Naturalis Historia. Die Antieke Grieke en Romeine het soute van die metaal gebruik as bytstof vir kleur van materiale en as bloedstolmiddel met die verbind van wonde (aluin word nog steeds vir hierdie doeleinde gebruik). In 1761 het Guyton de Morveau voorgestel dat die basis van aluin "alumine" genoem word. In 1808 het Humphry Davy vasgestel dat aluin 'n metaal as basis bevat, waaraan hy toe die naam toegeken het. Friedrich Wöhler word algemeen erken as die persoon wat aluminium vir die eerste keer geïsoleer het. Die Deense fisikus, Hans Christian Ørsted, het egter twee jaar tevore die metaal in 'n onsuiwer vorm vervaardig. Charles Martin Hall het in 1886 die patent (V.S.A patent no. 400655) ontvang vir die elektrolitiese ekstraksie van aluminium. Henri Saint-Claire Deville (Frankryk) het Wöhler se metode verbeter in 1846 en sy bevindings in 'n boek in 1859 gepubliseer. Die ontwikkeling van die Hall-Héroult proses in 1886 het die ontrekking van aluminium vanuit minerale 'n goedkoop proses gemaak en word nou wêreldwyd steeds gebruik.
Die beeld wat bekend gestaan het as Eros by die Piccadilly Sirkus in London, is in 1893 gemaak en is een van die eerste beelde wat in aluminium gegiet is.
Verspreiding en hulpbronneAlhoewel aluminium 'n element is wat in oorvloed in die Aarde se kors voorkom (8.1%), is dit baie skaars in sy vrye vorm en is eers as 'n edelmetaal beskou wat meer waardevol was as goud. (Daar word gesê dat Napoleon III van Frankryk 'n stel aluminium borde net vir sy belangrikste gaste gebruik het. Ander moes maar tevrede wees met die goue borde.) Aluminium is dus 'n relatiewe nuwe industriële metaal en word nou in kommersiële hoeveelhede vir net bietjie langer as 'n 100 jaar lank geproduseer. Aluminium was ten tye van die ontdekking daarvan, uiters moeilik om te skei vanuit die rotse waarvan dit deel uitgemaak het. Aangesien al die Aarde se aluminium in die vorm van verbindings opgesluit gelê het, was dit die moeilikste metaal op aarde om in die hande te kry, ten spyte van die feit dat dit waarskynlik die mees volopste metaal op die planeet is. Die herwinning van hierdie metaal uit skroot het 'n belangrike onderdeel van die aluminium-nywerheid geword. Die herwinning behels eenvoudig die smelt van die metaal, wat baie goedkoper is as om dit vanuit die erts te herwin. Die suiwering van aluminium vanuit sy erts verg enorme hoeveelhede elektrisiteit; waar die herwinningsproses slegs sowat 5% van dié hoeveelheid energie benodig. Herwinning van aluminium is al 'n algemene praktyk sedert die vroeë 1900s. Dit het egter 'n lae profiel geniet tot en met die laat 1960s toe die skielike styging in die vraag na koeldrankblikkies gelei het tot die openbare bewusmaking van herwinning. Bronne van herwonne aluminium sluit in karre, vensters en deure, toebehore, houers en ander produkte. Aluminium is 'n reaktiewe metaal en kan nie vanuit sy erts, bauxiet (Al2O3), ontgin word deur dit met koolstof te reduseer nie. In plaas daarvan word dit ontgin deur elektrolise –die metaal word geoksideer in 'n oplossing en dan weer gereduseer na die suiwer metaal. Die erts moet in die vloeibare vorm wees vir dit om te gebeur. Bauxiet het egter 'n smeltpunt van 2000°C, wat 'n te hoë temperatuur is vir ekonomiese ontginning. Bauxiet is daarom vir baie jare in gesmelte krioliet opgelos, wat die smeltpunt verlaag tot 900 °C. Krioliet is nou vervang met 'n kunsmatige mengsel van aluminium-, natrium- en kalsiumfluoriede. Die proses verg egter steeds 'n groot hoeveelheid energie en aanlegte het dikwels hulle eie kragstasies. Die elektrodes wat gebruik word vir die elektrolise van bauxiet is beide van koolstof. Wanneer die erts gesmelt is, is die ione vry om rond te beweeg. Die reaksie wat dan by die negatiewe katode plaasvind is: Hier word die aluminiumione gereduseer (elektrone bygevoeg). Die aluminiummetaal sink dan na die bodem en word afgetap. Die positiewe anode oksideer die suurstof van bauxiet om suurstof gas vry te stel: Die anode moet dikwels vervang word omdat die suurstofgas wat gevorm word baie warm is en geredelik met die koolstofelektrode reageer as volg: Ten spyte van die hoë koste van elektrolise, word aluminium dikwels gebruik. Aluminium kan ook ontrek word vanuit klei maar die proses is nie ekonomies lewensvatbaar nie. Elektriese energie verteenwoordig ongeveer 'n derde van die koste van aluminium-raffinering. Dis om hierdie rede dat die raffinaderye in gebiede geleë is waar die verskaffing van elektriese krag in oorvloed beskikbaar en goedkoop is. IsotopeAluminium het nege isotope, waarvan die atoomgewigte wissel van 23 tot 30. Slegs Al-27 (Stabiele isotoop) en Al-26 (radio-aktiewe isotoop, t1/2=7.2 × 105 j) kom natuurlik voor, Al-27 se natuurlike verspreiding is egter 100%. Al-26 word geproduseer vanuit argon in die atmosfeer deur versplintering vanweë botsings met protone in die kosmiese straling. Aluminium isotope het praktiese toepassings gevind met die bepaling van die ouderdom van mariene afsettings, mangaanknobbels, gletser-ys, kwarts in rotse wat blootgestel is asook meteoriete. Die verhouding van Al-26 tot berillium-10 is ook gebruik om die rol van vervoerneerslag, sedimentberging en bedekkingstye asook erosie op 105 tot 106 jaar tydskale te bestudeer. Kosmogeniese Al-26 is eers ingespan in studies van die Maan en meteoriete. Meteorietskerwe word nadat hulle van die oorspronklike voorwerp geskei is, blootgestel aan intense kosmiese bestraling soos dit deur die ruimte beweeg met die gevolg dat noemenswaardige hoeveelhede Al-26 geproduseer word. Nadat dit Aarde toe val, beskerm die atmosfeer hierdie skerwe teen verdere Al-26 produksie en kan die vervaltempo gebruik word om vas te stel hoe lank die skerf op die aarde is. Meteorietnavorsing het ook getoon dat Al-26 redelik algemeen voorgekom het ten tye van die vorming van ons sonnestelsel. VoorsorgmaatreëlsAluminium is een van die weinige elemente wat in groot hoeveelhede voorkom maar nie lyk asof dit enige voordelige funksie in lewende selle het nie. 'n Klein persentasie mense is egter allergies daarvoor — hulle ervaar onsteking van die huid in kontak met enige vorm van die metaal. Vir die meeste ander mense word aluminium nie as so giftig as swaarmetale beskou nie maar daar is bewyse van 'n mate van toksisiteit wanneer dit in buitensporige hoeveelhede ingeneem word. Die gebruik van aluminium vir kookgereedskap, wat gewild is vanweë die uitstekende korrosieweerstand daarvan en goeie hittegeleiding het nog nooit gelei tot aluminiumvergiftiging nie. Sorg moet geneem word om te verhoed dat aluminium in kontak kom met chemikalieë wat dit vinnig kan laat korrodeer. 'n Klein hoeveelheid kwik wat op 'n aluminium oppervlak aangewend word, kan die normale oksiedlagie beskadig en kan selfs swaar strukturele elemente ernstig daardeur verswak word. Dit is vir hierdie rede dat kwiktermometers nie toegelaat word op baie lugrederye nie, aangesien aluminium 'n algemene strukturele komponent van vliegtuie uitmaak. ChemieOksidasietoestand 1
Oksidasietoestand 2Oksidasietoestand 3
VerwysingsEksterne skakels
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.