Alg

Article on other languages:

Laurencia, 'n Rooi see-alg vanaf Hawaii.

Alge (enkvd alg) is 'n groep eenvoudige, tipies outotrowe organismes, met 'n groot verskeidenheid wat wissel van eensellige tot veelsellige vorme. Die grootste en mees komplekse vorme is die seewiere. Hulle fotosinteer net soo plante en is eenvoudig omdat hulle nie die organe bevat wat tipies in landelike plantegroei aangetref word nie. Die prokariotiese sianobakterieë (dikwels na verwys as die blougroen alge) was tradisioneel ingesluit in die groep "alge" in ouer handboeke, maar word nie langer as sodanig deur moderne wetenskaplikes geklassifiseer nie[1][2] en hulle beperk die term alge tot eukariotiese organismes.[3] Alle ware alge het daarom 'n kern wat deur 'n membraan omsluit is en bevat chloroplaste in een of meer membrane.Citefout: Closing </ref> missing for <ref> tag

Alge vorm saam 'n parafiletiese en polifiletiese groep aangesien hulle nie almal afstam van 'n enkele algevoorsaat nie, al wil dit voorkom asof hulle chloroplaste 'n enkele oorsprong mag hê.[4]

Alge het nie die verskeidenheid strukture wat kenmerkend is van landelike plante nie, soos die phylliede en rhizoïde in plante sonder are of die blare en ander organe wat in die tracheofiete aangetref word nie. Hulle kan onderskei word van protozoa deurdat hulle kan fotosinteer. Baie is foto-outotrowe, alhoewel sommige groepe lede insluit wat mixotrofies is en hul energie verkry vanaf beide fotosintese asook die opname van organiese koolstof deur osmotrofie, myzotrofie of phagotrofie. Sommige van die eensellige spesies maak uitsluitlik staat op eksterne energiebronne en het beperkte of geen fotosintetiese apparate nie.

Alle alge het fotosintetiese meganismes wat uiteindelik van die sianobakterieë afkomstig is en vervaardig suurstof as 'n byproduk van fotosintese, anders as ander fotosintetiese bakterieë soos pers- en groenswaelbakterieë.

Verwysings

  1. ^ Nabors, Murray W., 2004. Introduction to Botany. Pearson Education, Inc., San Francisco, CA.
  2. ^ The American Heritage Dictionary of the English Language, Fourth Edition, 2000. Algae: [1].
  3. ^ Allaby, M ed. 1992. The Concise Dictionary of Botany. Oxford University Press, Oxford
  4. ^ Patrick J. Keeling (2004). "Diversity and evolutionary history of plastids and their hosts". American Journal of Botany 91: 1481–1493. DOI:10.3732/ajb.91.10.1481.

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.