27 Junie - Die Stonewall-oproer merk die begin van die gay regte beweging in die VSA.
20 Julie - Neil Armstrong en Buzz Aldrin doen eerste maanlanding in die die maanlandingstuig, "Eagle".
17 Desember - Die Amerikaanse Lugmag kondig aan dat sy vlieënde-pieringondersoeke geen getuienis ontbloot het oor die bestaan van 'n buite-aardse ruimtetuig nie.
18 Desember - Die Britse parlement skaf die doodstraf af vir moord.